Bosveldfisant
Swainson's Spurfowl
Pternistis swainsonii
Familie / Family: Phasianidae
Spesienommer / Species number: 185
Hierdie voël bly die hele jaar by ons.
This bird lives here all year round.
Afrikaans
'n Bruin, hoenderagtige voël met kaal rooi vel om die oë en keel, en swart bene. Dit krap in die grond vir sade, wortels en insekte.
Waar by die skool? Kyk in lang gras en tussen bosse aan die rand van die terrein. Vroegoggend roep die mannetjie hard van 'n paal of termiethoop af.
Wil jy weet? Die mannetjie se hees "krraae-krraae-krraae" hoor jy van ver af.
English
A brown, chicken-like bird with bare red skin around the eyes and throat, and black legs. It scratches in the soil for seeds, roots and insects.
Where at school? Look in long grass and between bushes at the edge of the grounds. Early in the morning the male calls loudly from a post or termite mound.
Did you know? You can hear the male's hoarse "krraae-krraae-krraae" from far away.
